Exodus 10:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Farao Moses geroep en gesê: Gaan dien die HERE; laat net julle kleinvee en julle beeste bly staan; laat julle kindertjies ook saam met julle gaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Die farao het Moses laat kom. “Loop en gaan aanbid die Here,” het hy gesê. “Net julle beeste en skape moet hier bly. Julle vroue en kinders kan maar saam met julle gaan.”
Afrikaans 1933/1953 Toe het Farao Moses laat roep en gesê: Gaan heen, dien die HERE; net julle kleinvee en julle beeste moet agtergehou word. Selfs julle kinders kan met julle saamgaan.
Afrikaans 1983 Toe laat die farao vir Moses roep en sê: “Gaan dien die Here! Julle vrouens en kinders kan saamgaan, maar julle kleinvee en julle grootvee moet hier agterbly.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die farao het Moses ontbied en gesê: “Gaan dien julle die Here! Net julle kleinvee en grootvee moet agtergelaat word. Julle afhanklikes kan ook saam met julle gaan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die farao het vir Moses geroep en gesê: “Julle mag die Here gaan dien. Julle vroue en kinders mag saam met julle gaan. Maar julle skape en bokke en julle beeste moet hier bly.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die farao het toe vir Moses laat kom en vir hom gesê: “Loop tog en gaan bid tot die Here. Julle moet net julle kleinvee en beeste hier los. Selfs julle kinders kan saam met julle gaan.”