Exodus 10:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle het mekaar nie gesien nie, en drie dae lank het niemand uit sy woonplek opgestaan nie, maar al die kinders van Israel het lig in hulle wonings gehad.
Afrikaans (NLV) 2011 Vir drie dae lank kon die mense mekaar nie sien nie en nie ’n voet versit nie. Waar die Israeliete gebly het, was dit egter helder sonskyn.
Afrikaans 1933/1953 Die een het die ander nie gesien nie, en niemand het van sy plek opgestaan nie, drie dae lank. Maar al die kinders van Israel het lig in hulle woonplekke gehad.
Afrikaans 1983 Die mense kon mekaar nie sien nie en drie dae lank kon niemand iets uitrig nie, maar in al die woongebiede van die Israeliete was daar lig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die mense kon mekaar nie sien nie, en drie dae lank het niemand van sy plek af opgestaan nie. Vir al die Israeliete was dit egter lig in hulle woonplekke.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Egiptenaars kon mekaar nie sien nie, en drie dae lank moes almal bly waar hulle is. Maar daar was lig in al die Israeliete se woonplekke.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Drie dae lank kon die Egiptenaars mekaar glad nie sien nie en nie een kon ’n voet versit nie. Waar die Israeliete gewoon het, was dit egter helder daglig.