Exodus 10:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dat jy voor die ore van jou seun en van jou seun se seun kan vertel wat Ek in Egipte gedoen het, en my tekens wat Ek onder hulle gedoen het; sodat julle kan weet dat Ek die HERE is.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy sal vir jou nageslag kan vertel wat Ek alles met die Egiptenaars gedoen het en wat Ek alles tussen hulle laat gebeur het. Ek doen dit sodat julle kan weet dat Ek die Here is.”
Afrikaans 1933/1953 en dat jy voor die ore van jou kind en jou kindskind kan vertel wat Ek Egipte aangedoen het, en my tekens wat Ek onder hulle gedoen het, dat julle kan weet dat Ek die HERE is.
Afrikaans 1983 Dan kan jy aan jou kinders en kleinkinders vertel wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het en watter wonders Ek onder hulle verrig het om julle te laat besef dat Ek die Here is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en sodat jy ten aanhore van jou kinders en kleinkinders kan vertel hoe Ek die Egiptenare vir die gek gehou het, en van my tekens wat Ek onder hulle gedoen het, en sodat julle kan weet dat Ek die Here is.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan kan julle vir julle kinders en julle kleinkinders vertel hoe Ek die Egiptenaars gestraf het en wat Ek aan hulle gedoen het. Julle sal weet Ek is die Here.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle kan aan julle nageslag gaan vertel hoe Ek met al hierdie dinge wat Ek gedoen het, die Egiptenaars belaglik gemaak het. Ek het dit gedoen om vir julle te wys hoe sterk Ek is en om julle almal te oortuig dat Ek werklik die Here is.”