Exodus 10:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het 'n geweldige sterk westewind laat draai, wat die sprinkane weggeneem en in die Skelfsee gegooi het; daar het nie een sprinkaan in al die streke van Egipte oorgebly nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het die wind laat omswaai. Hy het ’n sterk wind uit die weste laat waai wat die sprinkane in die Rietsee ingewaai het. Daar het nie ’n enkele sprinkaan in die hele Egipte oorgebly nie.
Afrikaans 1933/1953 Daarop laat die HERE die wind omslaan in 'n baie sterk westewind; die het die sprinkane opgetel en hulle in die Skelfsee gedrywe. Daar het nie een sprinkaan in die hele gebied van Egipte oorgebly nie.
Afrikaans 1983 Toe laat die Here die wind verander in 'n sterk westewind wat die sprinkane opgeskep het en in die Rietsee gegooi het. Daar het nie een enkele sprinkaan in die hele Egiptiese gebied oorgebly nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het toe die wind in 'n baie sterk westewind verander. Dit het die treksprinkane meegevoer en in die Rietsee ingedryf. Daar het nie 'n enkele sprinkaan in enige streek van Egipte oorgebly nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het die wind verander en 'n baie sterk westewind het begin waai. Die wind het die sprinkane in die Riet-see ingewaai. Daar het nie een sprinkaan oorgebly in die hele Egipte nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het toe die wind van die see af laat omswaai in ’n baie sterk westewind. Dit het al die sprinkane in die See van Riete ingewaai. Daar het nie een enkele sprinkaan in die hele Egipte agtergebly nie.