Exodus 10:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vergewe dan nou tog net hierdie een keer my sonde, en smeek die HERE jou God, dat Hy net hierdie dood van my af wegneem.
Afrikaans (NLV) 2011 “Vergewe my tog hierdie keer. Pleit tog by die Here julle God om hierdie dodelike ramp te laat ophou.”
Afrikaans 1933/1953 Vergeef dan tog nou net die keer my sonde, en bid tot die HERE julle God, dat Hy net hierdie dood van my af wegneem.
Afrikaans 1983 Vergeef tog asseblief net hierdie keer my oortreding! Bid tot julle God, die Here, dat Hy hierdie dood afweer van my af.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vergewe nou asseblief net hierdie keer my sonde. Pleit by die Here, julle God, dat Hy tog net hierdie dood van my af moet wegneem.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Vergewe asseblief my fout nog een maal en bid tot julle God die Here. Vra dat Hy hierdie sprinkane wat al die plante doodmaak, moet wegvat.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vergeef tog net hierdie een keer my fout. Gaan pleit by die Here julle God dat Hy asseblief hierdie dood van my nek moet afhaal.”