Exodus 10:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hulle het die hele aarde bedek, sodat die land verduister is; en hulle het al die plante van die land geëet en al die vrugte van die bome wat die hael oorgebly het, en daar het geen groenigheid aan die bome of aan die plante van die veld oorgebly in die hele Egipteland nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle was oor alles. Die grond was toe onder hulle. Hulle het al die plante en vrugte weggevreet wat na die haelstorm oorgebly het. Daar het nie ’n krieseltjie groenigheid oorgebly nie. Daar was nie ’n boom of ’n plant oor in die hele Egipte nie.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het die oppervlakte van die hele land bedek, sodat die land swart was; en hulle het al die plante van die land opgeëet en al die vrugte van die bome wat die hael laat oorbly het -- daar het geen groenigheid aan die bome of plante van die veld in die hele Egipteland oorgebly nie.
Afrikaans 1983 Die land was toe onder hulle en dit was donker. Hulle het elke groen sprietjie in die land opgevreet, en alles wat na die hael aan die bome oorgebly het. Daar het geen groenigheid aan 'n boom of 'n plant in Egipte oorgebly nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het die oppervlakte van die land bedek, sodat die land donker geword het. Hulle het alle plante op die grond verslind, en ook al die vrugte aan die bome wat die hael vrygespring het. Daar het in die hele Egipteland nie enige groenigheid aan die bome en die plante van die veld oorgebly nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was so baie sprinkane dat niemand die grond of die son kon sien nie. Die sprinkane het al die plante van die land opgevreet en ook al die vrugte wat oorgebly het nadat dit gehael het. Daar het in die hele Egipte nie 'n groen blaar oorgebly aan die bome en aan die plante in die veld nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het die grond toegemaak. Dit was sommer donker oor die aarde. Hulle het alles voor die voet weggevreet wat groen was op die grond en wat na die hael aan die bome oorgebly het. In die hele Egipte het daar nie ’n blaartjie aan ’n boom of ’n grassie in die veld oorgebly nie.