Exodus 10:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die sprinkane het oor die hele Egipteland opgetrek en in al die streke van Egipte gerus; baie swaar was hulle; voor hulle was daar geen sprinkane soos hulle nie, en ná hulle sal dit ook nie wees nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die sprinkane het op die hele Egipte toegesak. Deur die hele land was dit net sprinkane. Nog nooit in Egipte se geskiedenis is so baie sprinkane gesien nie, ook nooit weer daarna nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | die sprinkane het opgekom oor die hele Egipteland en in die hele gebied van Egipte gaan sit, 'n baie groot menigte -- tevore was daar so 'n sprinkaanswerm nie gewees nie, en daarna sal so iets nie weer voorkom nie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het oor Egipte gekom en die hele land vol gesit, 'n yslike groot sprinkaanswerm, soos daar nog nooit tevore was nie en hierna ook nie weer sal wees nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die treksprinkane het oor die hele Egipteland gekom en in elke streek van Egipte neergestryk. Daar was geweldig baie. Voorheen was daar nog nie 'n sprinkaanswerm soos dié een nie, en daarna sou daar nie weer so iets wees nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die sprinkane het oor die hele Egipte gekom en hulle het gaan sit oor die hele land. Daar was groot swerms sprinkane. Daar was nog nooit so baie sprinkane nie, nie voor daardie tyd nie en ook nie daarna nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die sprinkane het oor die hele Egipte versprei. Hulle het in groot swerms op alles toegesak. So iets het nog nooit tevore of ook daarna ooit weer daar gebeur nie. |