Exodus 10:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Moses het sy staf oor Egipteland uitgesteek, en die HERE het daardie hele dag en daardie hele nag 'n oostewind oor die land gebring; en toe dit môre word, het die oostewind die sprinkane gebring.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het sy stok oor Egipte uitgesteek. Die Here het die hele dag en ook deur die nag ’n oostewind laat waai. Toe dit oggend word, het die wind die sprinkane begin aanbring.
Afrikaans 1933/1953 En Moses het sy staf oor Egipteland uitgesteek, en die HERE het 'n oostewind in die land gebring, daardie hele dag en die hele nag; toe dit môre word, het die oostewind die sprinkane aangevoer:
Afrikaans 1983 Toe steek Moses sy kierie oor Egipte uit, en die Here het daardie hele dag en nag 'n oostewind laat waai wat die sprinkane aangebring het. Die volgende môre was hulle daar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het toe sy staf oor Egipteland uitgesteek, en die Here het 'n oostewind daardie hele dag en die hele nag oor die land laat waai. Toe dit môre word, het die oostewind die treksprinkane gebring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het sy kierie oor Egipte uitgesteek. Daardie hele dag en die hele nag het die Here die oostewind laat waai. Dit het oggend geword, en die oostewind het die sprinkane gebring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Moses sy kierie oor Egipte uitsteek, het die Here ’n oostewind oor die land laat waai, dwarsdeur die dag en ook deur die nag. Teen die volgende oggend het dit sprinkane oor die land begin inwaai.