Exodus 10:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die HERE vir Moses: Steek jou hand uit oor Egipteland vir die sprinkane, dat hulle oor Egipteland kan optrek en al die plante van die land eet, alles wat die hael oorgebly het.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die Here sê vir Moses: “Steek jou hand uit oor Egipte sodat die sprinkane oor die land kan kom. Hulle sal alles wegvreet wat na die haelstorm oorgebly het.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê die HERE vir Moses: Steek jou hand uit oor Egipteland vanweë die sprinkane, dat hulle opkom oor Egipteland en al die plante van die land opeet, alles wat die hael laat oorbly het.
Afrikaans 1983 Daarna het die Here vir Moses gesê: “Steek jou hand uit oor Egipte dat daar sprinkane oor die land kan kom om elke groen sprietjie op te vreet wat van die hael oorgebly het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het vir Moses gesê: “Strek jou hand uit oor Egipteland vir die sprinkane, sodat hulle opkom oor Egipteland en alle plante op die grond verslind wat die hael laat oorbly het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Moses gesê: “Steek jou hand uit oor Egipte sodat daar sprinkane oor die land kan kom. Hulle sal al die plante opvreet, alles wat oorgebly het nadat dit gehael het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het toe vir Moses gesê: “Steek jou hand uit en hou dit oor die hele Egipte sodat die sprinkane deur die hele land kan trek. Hulle sal elke groenigheidjie wegvreet wat na die haelstorm oorgebly het.”