Exodus 10:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nie so nie; gaan nou, julle mense, en dien die HERE; daarvoor het julle begeer. En hulle is van Farao se aangesig verdryf.
Afrikaans (NLV) 2011 Nee, net die mans mag gaan om tot die Here te bid. Dit is waarvoor julle gevra het.” Toe het die farao hulle weggejaag.
Afrikaans 1933/1953 Nie so nie! Gaan dan, julle manne, en dien die HERE, want d¡t het julle verlang. En hulle het hulle van Farao af weggedrywe.
Afrikaans 1983 So sal ek dit nie toelaat nie! Net die mans gaan! Gaan dien die Here; dit is mos wat julle nog altyd vra!” Toe is hulle van die farao af weggejaag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit sal nie so wees nie! Gaan julle manne maar, en dien die Here, want dit is mos wat julle versoek.” Hulle is toe uit die farao se teenwoordigheid weggejaag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nee, net die mans mag die Here gaan dien. Dit is wat julle gevra het.” Toe het die farao vir Moses en Aäron weggejaag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Niks daarvan nie! Net die mansmense kan gaan om tot die Here te gaan bid. Dit is mos wat julle nog heeltyd bly vra het!” Hy het toe vir Moses en Aäron daar weggejaag.