Esther 9:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So het die Jode al hulle vyande verslaan met die slag van die swaard en slagting en vernietiging, en het gedoen wat hulle wou aan die wat hulle haat.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Jode het hulle vyande met die swaard oorweldig. Hulle het onder hulle vyande gemaai.
Afrikaans 1933/1953 En die Jode het onder hulle vyande 'n slagting aangerig deur die swaard en deur doodslag en verdelging, en met hulle haters na hulle goedvinde gehandel.
Afrikaans 1983 Die Jode het onder al hulle vyande 'n groot slagting met die swaard aangerig, hulle het hulle doodgemaak en uitgeroei. Hulle het met almal wat vir hulle haat, gemaak wat hulle wou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Jode het op hulle vyande toegeslaan en met die swaard dood en verwoesting gesaai; hulle het met hulle haters gedoen net wat hulle wou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Jode het hulle vyande aangeval en hulle het almal doodgemaak, hulle het gedoen wat hulle wil met die mense wat vir hulle gehaat het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar die Jode het hulle teëstanders met die swaard uitgeroei. Hulle het hulle vyande doodgemaak en vermorsel. Met almal wat hulle gehaat het, het hulle gedoen net wat hulle wou.