Esther 9:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Om hierdie dae van Purim te bevestig op hulle vasgestelde tye, soos Mórdegai, die Jood en Ester, die koningin hulle beveel het, en soos hulle vir hulleself en vir hulle nageslag bepaal het, die sake van die vas en hulle geroep. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die briewe het hulle beveel om die dae van die Purim op die vasgestelde tyd te hou, soos hy, die Jood Mordegai, en koningin Ester dit vir hulle bepaal het, en soos hulle en hulle nakomelinge hulle daartoe verbind het. Daar was ook voorskrifte oor hoe hulle moes vas en na God om hulp moes roep. |
| Afrikaans 1933/1953 | om die Purim-dae op hulle bepaalde tye vas te stel soos die Jood Mordegai en koningin Ester dit vir hulle verorden het, en soos hulle vir hulself en hul nageslag die voorskrifte aangaande die vastyd en die daarby behorende weeklag vasgestel het. |
| Afrikaans 1983 | Hy het hulle gelas om hierdie dae van die Purim op die vasgestelde tyd te hou, soos hy, die Jood Mordegai, en koningin Ester dit vir hulle bepaal het, en soos hulle hulleself en hulle nakomelinge daartoe verbind het. Daar was ook voorskrifte oor hoe hulle moes vas en na God om hulp moes roep. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | om hierdie dae van Purim te bevestig op die tye soos wat Mordegai, die Jood, en koningin Ester dit vir hulle vasgestel het, en soos wat hulle hulleself en hulle nakomelinge daartoe verbind het volgens die voorskrifte van vas en weeklag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het ook gesê dat die Judeërs hierdie twee dae van die Purimfees op die regte tyd moet vier soos hy en koningin Ester besluit het en soos die Judeërs self besluit het. Hy het gesê dat hulle nageslag dit ook moet doen. Mordegai het ook geskryf hoe die Judeërs moet vas en rou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie briewe het hulle en hulle nageslagte aangemoedig om die Purimfees te hou soos die Jood Mordegai en koningin Ester dit bepaal het. Hulle moes dit net so getrou en noukeurig nakom soos hulle met die vasdae en routye gemaak het. |