Esther 9:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die briewe gestuur aan al die Jode, na die honderd sewe en twintig provinsies van die koninkryk van Ahasveros, met woorde van vrede en waarheid,
Afrikaans (NLV) 2011 Mordegai het afskrifte van die brief aan al die Jode in die 127 provinsies van koning Ahasveros gestuur om hulle heil en voorspoed toe te wens.
Afrikaans 1933/1953 En hy het briewe gestuur aan al die Jode in die honderd sewe en twintig provinsies, die koninkryk van Ahasv,ros, woorde van vrede en trou,
Afrikaans 1983 Mordegai het briewe gestuur aan al die Jode in die honderd sewe en twintig provinsies van koning Ahasveros, hulle voorspoed toegewens en hulle van sy goeie trou verseker.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die briewe is gestuur aan al die Jode in die 127 provinsies van Ahasveros se koninkryk – woorde van vrede en trou –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mordegai het die briewe gestuur na al die Judeërs in die 127 provinsies van koning Ahasveros. Hy het geskryf dat hy wil hê hulle moet veilig wees en vrede hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ander briewe met wense van vrede en voorspoed is ook aan die Jode in die 127 provinsies in die ryk van koning Ahasveros gestuur.