Esther 9:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het koningin Ester, die dogter van Abíhail, en Mordegai, die Jood, met alle gesag geskryf om hierdie tweede Purimbrief te bevestig.
Afrikaans (NLV) 2011 Koningin Ester, die dogter van Abigajil, en die Jood Mordegai het saam en met hulle volle gesag ’n tweede brief geskryf om die reëlings oor die Purim te bevestig.
Afrikaans 1933/1953 En koningin Ester, die dogter van Ab¡gail, en die Jood Mordegai het met alle nadruk geskrywe om hierdie tweede brief oor die Purim krag te verleen.
Afrikaans 1983 Koningin Ester, dogter van Abigajil, en die Jood Mordegai het met hulle volle gesag in 'n tweede brief die reëlings oor die Purim bevestig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Koningin Ester, die dogter van Abigajil, asook Mordegai, die Jood, het met volle gesag hierdie tweede brief geskryf om die Purim te bevestig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koningin Ester, dogter van Abigajil, en die Judeër Mordegai het geskryf en gesê dat die Judeërs alles moet doen wat in hierdie tweede brief oor die Purimfees geskryf is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het koningin Ester, die dogter van Abigajil en die Jood Mordegai, ook ’n brief geskryf waarin sy die brief wat Mordegai vroeër geskryf het, ondersteun. Op hierdie manier het sy die Purimfees bekragtig.