Esther 9:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die Jode het onderneem om te doen soos hulle begin het, en soos Mórdegai aan hulle geskryf het;
Afrikaans (NLV) 2011 Die Jode het die opdrag in Mordegai se brief aanvaar en dit as ’n vaste instelling begin vier.
Afrikaans 1933/1953 En die Jode het as insetting aangeneem wat hulle begin het om te doen en wat Mordegai aan hulle geskryf het.
Afrikaans 1983 So het die Jode na aanleiding van Mordegai se brief aan hulle die gebruik waarmee hulle begin het, as 'n vaste gebruik aanvaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Jode het onderneem om voort te gaan met wat hulle begin het om te doen soos wat Mordegai vir hulle voorgeskryf het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Judeërs het aangehou om te doen wat hulle begin doen het, soos Mordegai vir hulle geskryf het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Jode het van Mordegai se idee gehou en dit as ’n jaarlikse fees ingestel.