Esther 9:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Mórdegai het hierdie dinge geskrywe en briewe gestuur aan al die Jode wat in al die provinsies van koning Ahasveros was, naby en ver, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mordegai het laat opteken wat gebeur het. Hy het briewe gestuur aan al die Jode in al die provinsies van koning Ahasveros, aan dié wat naby bly en dié wat ver is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Mordegai het hierdie dinge opgeskrywe en briewe gestuur aan al die Jode wat in al die provinsies van koning Ahasv,ros was, die wat naby en die wat ver was, |
| Afrikaans 1983 | Mordegai het hierdie gebeure laat neerskryf en briewe gestuur aan al die Jode in al die provinsies van koning Ahasveros, naby en ver, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mordegai het hierdie gebeure opgeskryf. Hy het toe briewe gestuur na al die Jode, naby en ver, in al die provinsies van koning Ahasveros, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mordegai het al hierdie dinge opgeskryf, en hy het briewe geskryf vir die Jode in al die provinsies van koning Ahasveros. Hy het geskryf vir die Jode wat naby was en ook vir die Jode wat ver was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mordegai het al hierdie dinge laat neerskryf en vir al die Jode oral in die provinsies van koning Ahasveros se ryk briewe gestuur. |