Esther 9:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die Jode het in hulle stede in al die provinsies van koning Ahasvéros vergader om die hand te slaan aan dié wat hulle kwaad gesoek het; en niemand kon hulle weerstaan nie; want die vrees vir hulle het op al die mense geval.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Jode het oral in die stede waar hulle gewoon het en in al die provinsies van koning Ahasveros bymekaargekom om hulleself te verdedig teen almal wat hulle wou aanval. Niemand was teen hulle opgewasse nie, want al die volke was bang vir hulle.
Afrikaans 1933/1953 het die Jode saamgekom in hulle stede in al die provinsies van koning Ahasv,ros om die hand te slaan aan die wat hulle onheil gesoek het; en niemand het voor hulle standgehou nie, want die skrik vir hulle het op al die volke geval.
Afrikaans 1983 Die Jode het bymekaargekom in hulle stede in al die provinsies van koning Ahasveros om hulle te verdedig teen almal wat hulle ondergang soek. Niemand kon voor hulle standhou nie, al die volke was skrikbevange vir hulle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Jode het bymekaargekom in hulle stede in al die provinsies van koning Ahasveros, om diegene wat hulle ondergang gesoek het, dood te maak. Niemand kon voor hulle stand hou nie, want vrees vir die Jode het al die volke oorval.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Judeërs het bymekaargekom in al hulle stede in die provinsies van koning Ahasveros. Hulle het die mense aangeval wat wou hê dat dit sleg moet gaan met die Judeërs, en niemand kon hulle keer nie, want al die mense was bang vir hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het in al hulle stede in die provinsies van koning Ahasveros se ryk bymekaargekom om hulleself te verdedig teen enigiemand wat hulle kwaad probeer aandoen het. Maar niemand wou so ’n kans waag nie, want almal was te bang vir hulle.