Esther 9:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het die Jode van die dorpe wat in die ongemuurde dorpe gewoon het, die veertiende dag van die maand Adar 'n dag van blydskap en feesmaaltye en 'n goeie dag gemaak, en van die stuur van porsies vir mekaar.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is hoekom die Jode wat op die platteland en in klein dorpies sonder veiligheidsmure woon, op die veertiende van die maand Adar ’n jaarlikse vakansiedag van vreugde en feesviering hou waarop hulle aan mekaar eetgoed stuur.
Afrikaans 1933/1953 Daarom maak die Jode wat buite in die onbemuurde stede woon, van die veertiende dag van die maand Adar 'n dag van vrolikheid en maaltyd en 'n feesdag waarop hulle mekaar lekkernye stuur.
Afrikaans 1983 Daarom maak die Jode op die platteland en dié wat in die klein dorpies woon, die veertiende van die maand Adar 'n dag van vreugde en feesviering, 'n feesdag waarop hulle aan mekaar eetgoed stuur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom maak die Jode wat in dorpe op die platteland woon, die veertiende dag van die maand Adar 'n dag van vreugde en feesviering, 'n feesdag waarop hulle eetgoed aan mekaar stuur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom het die Judeërs wat woon in die stede wat nie mure het nie, die 14de dag 'n feesdag gemaak. Dit is 'n vakansiedag en hulle stuur dan kospakkies vir mekaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom vier die Jode wat op die platteland bly, hierdie feesdag nog steeds op die agtste Maart. Dit is ’n vrolike fees waarop hulle vir mekaar lekkernye en kos stuur.