Esther 9:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die Jode wat in Susan was, het op die dertiende en op die veertiende daarvan vergader; en op die vyftiende dag daarvan het hulle gerus en dit 'n dag van maaltyd en blydskap gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Jode wat in Susan gebly het, het op sowel die dertiende asook die veertiende dag bymekaargekom om te veg. Hulle het eers op die vyftiende van die maand tot rus gekom en daarvan ’n dag van feesviering en vreugde gemaak.
Afrikaans 1933/1953 Maar die Jode wat in Susan was, het op die dertiende en die veertiende daarvan byeengekom, en op die vyftiende daarvan gerus, sodat hulle dit 'n dag van maaltyd en vrolikheid gemaak het.
Afrikaans 1983 Die Jode in Susan het egter op die dertiende én op die veertiende van die maand bymekaargekom. Hulle het eers op die vyftiende van die maand gerus en dit 'n dag van feesviering en vreugde gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Jode wat in Susan was, het egter bymekaargekom op die dertiende en die veertiende dag. Eers op die vyftiende dag het hulle gerus en dit 'n dag van feesviering en vreugde gemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die Judeërs in die stad Susan het op die 13de én op die 14de dag bymekaargekom en hulle het op die 15de dag gerus. Daarom het hulle besluit dat die 15de dag 'n feesdag moet wees. Hulle was vrolik op daardie dag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Jode in die stad Susan het egter op 7 en 8 Maart nog teen hulle vyande geveg. Hulle het eers op die negende Maart opgehou en dit toe as ’n feesdag vol vreugde gevier.