Esther 9:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Op die dertiende dag van die maand Adar; en op die veertiende dag daarvan het hulle gerus en dit 'n dag van maaltyd en blydskap gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit was op die dertiende dag van die maand Adar. Op die veertiende dag van die maand het hulle gerus. Hulle het daarvan ’n dag gemaak waarop hulle feesmaaltye gemaak het en hulle oorwinning gevier het.
Afrikaans 1933/1953 Dit was op die dertiende dag van die maand Adar; en op die veertiende daarvan het hulle gerus en dit 'n dag van maaltyd en vrolikheid gemaak.
Afrikaans 1983 Dit het gebeur op die dertiende van die maand Adar. Op die veertiende van die maand het hulle gerus en dit 'n dag van feesviering en vreugde gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit het alles gebeur op die dertiende dag van die maand Adar. Op die veertiende dag het hulle gerus en dit 'n dag van feesviering en vreugde gemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was op die 13de dag van die maand Adar. Op die 14de dag het hulle gerus, en hulle het besluit dat daardie dag 'n feesdag moet wees. Hulle was vrolik op daardie dag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit het op 7 Maart gebeur, maar die volgende dag het hulle opgehou om mense dood te maak. Hulle het vrolik feesgevier.