Esther 9:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die koning het bevel gegee dat dit so moes gebeur, en die bevel is in Susan gegee; en hulle het Haman se tien seuns opgehang.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning het ingestem dat dit mag gebeur. Hy het so ’n proklamasie in Susan uitgevaardig. Die liggame van Haman se tien seuns is aan sy galg opgehang.
Afrikaans 1933/1953 En die koning het bevel gegee om so te doen; en 'n wet is in Susan uitgevaardig, en hulle het die tien seuns van Haman opgehang.
Afrikaans 1983 Die koning het bevel gegee dat dit gedoen moet word, en so 'n proklamasie is in Susan uitgevaardig. Ook is die lyke van die tien seuns van Haman opgehang.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning het bevel gegee dat dit gedoen moet word. 'n Wet is in Susan uitgevaardig en die tien seuns van Haman is gehang.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning het gesê dit is goed, en die mense in Susan het gehoor wat hy besluit het. Hulle het die tien seuns van Haman opgehang.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning het ingestem en so ’n proklamasie is in Susan uitgevaardig. Die liggame van Haman se tien seuns is ook in die openbaar ten toon gestel.