Esther 8:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe is die skrifgeleerdes van die koning in dié tyd geroep in die derde maand, dit is die maand Sivan, op die drie en twintigste dag daarvan; en dit is geskrywe volgens alles wat Mórdegai aan die Jode en aan die luitenante en die owerstes en owerstes van die provinsies beveel het wat van Indië af tot by Kus, honderd sewe en twintig provinsies, vir elke provinsie, volgens die skrywe daarvan, en aan elke volk volgens hulle taal, en aan die Jode volgens hulle skrif en volgens hulle taal.
Afrikaans (NLV) 2011 Die sekretarisse van die koning is ontbied. Dit was op die 23ste van die derde maand, die maand Siwan. Hulle het alles neergeskryf wat Mordegai vir die Jode, die amptenare van die koning, die goewerneurs en die leiers in die 127 provinsies van Indië af tot by Etiopië wou laat weet. Hulle het aan elke provinsie in sy eie skrif geskryf en aan elke volk in sy eie taal. Ook vir die Jode het hulle in hulle eie skrif en taal geskryf.
Afrikaans 1933/1953 Toe is in dieselfde tyd die skrywers van die koning geroep, in die derde maand, dit is die maand Siwan, op die drie en twintigste daarvan; en daar is geskrywe net soos Mordegai beveel het, aan die Jode en aan die landvoogde en die goewerneurs en die vorste van die provinsies wat van Indië af tot by Kus lê, honderd sewe en twintig provinsies, aan elke provinsie volgens sy skrif en aan elke volk in sy taal, en aan die Jode volgens hulle skrif en in hulle taal --
Afrikaans 1983 Toe is die skrywers van die koning dadelik ontbied. Dit was op die drie en twintigste van die derde maand, die maand Siwan. Hulle het alles neergeskryf wat Mordegai die Jode, die verteenwoordigers van die koning, die goewerneurs en die leiers in die honderd sewe en twintig provinsies van Indië af tot by Kus wou beveel. Hulle het aan elke provinsie in sy eie skrif geskryf en aan elke volk in sy eie taal. Ook aan die Jode het hulle in hulle eie skrif en taal geskryf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die skrywers van die koning is dadelik ontbied, in die derde maand, die maand Siwan, op die drie-en-twintigste dag. Net soos Mordegai beveel het, het hulle alles neergeskryf vir die Jode, die satrape, die •streekgoewerneurs en die •hoë amptenare van die provinsies, vanaf Indië tot by Kus, 127 provinsies. Dit is geskryf in die skrif van elke provinsie en in die taal van elke volk, ook aan die Jode in hulle skrif en hulle taal.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In daardie tyd, in die derde maand, die maand Siwan, op die 23ste dag van die maand, het Mordegai die sekretarisse van die koning laat roep. Hulle moes skryf wat Mordegai sê, hulle moes skryf aan die Jode, aan die hoof-amptenare, die goewerneurs en die amptenare in die 127 provinsies van die land Indië, tot by die land Kus. Hulle moes skryf aan elke provinsie en aan elke volk. Hulle moes elke volk se eie skrif en sy eie taal gebruik. Hulle moes ook die Judeërs se eie skrif en taal gebruik.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het toe dadelik die koning se skrywers laat kom. Dit was 25 Junie. Mordegai het briewe gedikteer vir al die Jode, die verteenwoordigers van die koning, die goewerneurs en al die beamptes in die 127 provinsies wat vanaf Indië tot by Soedan gestrek het. Die briewe is aan elke provinsie in hulle eie taal en skrif gestuur sodat hulle dit kon verstaan. Ook die Jode het hulle briewe in hulle eie taal en skrif gekry.