Esther 8:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ester het weer voor die koning gespreek en voor sy voete neergeval en hom met trane gesmeek om die boosheid van Haman, die Agagiet, en sy plan wat hy teen die Jode uitgedink het, weg te gooi. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ester het toe nog ’n keer gewaag om met die koning te kom praat. Sy het huilend by sy voete neergeval en hom gesmeek om die bose plan wat Haman die Agagiet teen die Jode beraam het, tot niet te maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ester het weer voor die koning gespreek en voor sy voete neergeval en geween en hom gesmeek om die onheil van Haman, die Agagiet, en sy plan wat hy teen die Jode beraam het, te verydel. |
| Afrikaans 1983 | Ester het weer met die koning gepraat. Sy het voor hom gekniel, gehuil en hom om genade gesmeek. Sy het hom gevra om die bose plan wat Haman die Agagiet teen die Jode beraam het, ongedaan te maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ester het weer met 'n versoek na die koning gegaan. Sy het voor sy voete neergeval en gehuil en hom gesmeek om die onheil af te weer wat Haman, die Agagiet, teen die Jode beplan het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het Ester weer met die koning gaan praat. Sy het voor hom gaan lê en sy het gehuil. Sy het vir hom gevra dat hy moet keer dat die planne van Haman, die man van die nageslag van Agag, nie slaag nie, want Haman het slegte planne teen die Judeërs gemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ester het weer met die koning gaan praat. Sy het op haar knieë voor hom gaan staan en by hom gehuil. Sy het hom gesmeek om die slegte plan van Haman, die afstammeling van koning Agag van die Amalekiete, teen die Jode stop te sit. |