Esther 8:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die koning het sy ring wat hy van Haman geneem het, uitgetrek en dit aan Mórdegai gegee. En Ester het Mórdegai aangestel oor die huis van Haman. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning het sy seëlring afgehaal wat hy by Haman teruggevat het, en dit vir Mordegai gegee. Ester het Mordegai in beheer van Haman se besittings aangestel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die koning het sy seëlring uitgetrek wat hy van Haman afgeneem het, en dit aan Mordegai gegee; en Ester het Mordegai aangestel oor die huis van Haman. |
| Afrikaans 1983 | Die koning het sy seëlring afgehaal wat hy by Haman teruggevat het, en dit aan Mordegai gegee. Ester het toe vir Mordegai oor die eiendom van Haman aangestel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning het sy seëlring afgehaal wat hy van Haman afgeneem het en dit aan Mordegai gegee. En Ester het vir Mordegai aangestel oor Haman se besittings. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning het sy seël afgehaal en hy het dit vir Mordegai gegee, dit was die seël wat hy voorheen weggeneem het van Haman. Ester het vir Mordegai gesê hy moet die bestuurder van Haman se huis wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die koning het toe sy seëlring, wat hy van Haman af teruggevat het, afgehaal en dit vir Mordegai gegee. Ester het vir Mordegai beheer gegee oor al Haman se bates. |