Esther 8:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarop het die pale wat op muile en kamele gery het uitgegaan, deur die bevel van die koning gehaas en aangejaag. En die bevel is gegee in die paleis Susan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die boodskappers op die perde uit die koning se stalle het toe, volgens die opdrag van die koning, haastig vertrek. Die proklamasie is tegelyk ook in die hoofstad Susan afgekondig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die rapportgangers wat op die koninklike renperde gery het, het op bevel van die koning haastig en gou weggegaan, en die wet is in die vesting Susan uitgevaardig. |
| Afrikaans 1983 | Die boodskappers op die perde uit die koninklike stalle het toe baie haastig vertrek ooreenkomstig die koninklike bevel. Die proklamasie is uitgevaardig in die vestingstad Susan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die boodskappers, ruiters op vinnige perde uit die koninklike stal, het haastig vertrek volgens die koninklike bevel. Die wet is ook afgekondig in die vestingstad Susan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die boodskappers het gery op vinnige perde van die koning. Die koning het gesê hulle moet gou maak. Die mense in die stad Susan het gehoor wat die koning gesê het |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die koninklike perderuiters is toe op bevel van die koning haastig daar weg. Hierdie koninklike bevel is ook in die stad Susan aangekondig. |