Esther 8:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die afskrif van die skrif vir 'n gebod wat in elke provinsie gegee moes word, is aan alle volke bekend gemaak, en dat die Jode gereed moes wees teen daardie dag om hulle op hulle vyande te wreek.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Afskrif van die proklamasie moes na elke provinsie gaan en as wet afgekondig word. Al die volke moes daarvan kennis neem. Die Jode moes reg wees om hulle op daardie dag op hulle vyande te wreek.
Afrikaans 1933/1953 'n Afskrif van die bevelskrif moes as wet uitgevaardig word in elke provinsie, openbaar gemaak aan al die volke, sodat die Jode op die dag gereed moes wees om hulle op hul vyande te wreek.
Afrikaans 1983 Die proklamasie moes in elke provinsie as wet afgekondig word en moes aan alle mense bekend wees, sodat die Jode op dié bepaalde dag gereed kon wees om hulle op hulle vyande te wreek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Afskrif van die dokument moes as wet in elke provinsie in die openbaar afgekondig word aan alle volke, sodat die Judeërs op hierdie dag gereed kon wees om wraak te neem op hulle vyande.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die boodskappers moes briewe na elke provinsie neem en al die mense moes weet dat dit 'n wet van die koning is. Die Judeërs moes op daardie dag gereed wees om hulle vyande te straf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie proklamasie moes in elke provinsie as ’n wet afgekondig word en almal moes daarvan weet. Dit sou verseker dat die Jode gereed sou wees om wraak te neem op hulle vyande wanneer daardie dag aanbreek.