Esther 8:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het in die naam van koning Ahasveros geskrywe en dit met die ring van die koning verseël en briewe per pos gestuur te perd en ruiters op muile, kamele en jong dromedarisse.
Afrikaans (NLV) 2011 Mordegai het namens koning Ahasveros laat skryf en die briewe met die koning se seëlring laat verseël. Die briewe is met boodskappers op resiesperde uit die koning se stalle gestuur.
Afrikaans 1933/1953 hy het laat skrywe uit naam van koning Ahasv,ros en dit verseël met die seëlring van die koning en briewe gestuur met rapportgangers te perd wat gery het op koninklike renperde uit die stoetery,
Afrikaans 1983 Mordegai het geskryf in die naam van koning Ahasveros en die briewe verseël met die seëlring van die koning. Die briewe is uitgestuur met boodskappers op resiesperde uit die koninklike stalle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mordegai het in die naam van koning Ahasveros geskryf en die dokumente verseël met die koning se seëlring. Dit is uitgestuur met boodskappers te perd, ruiters op vinnige perde uit die koninklike stal.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mordegai het geskryf dat die briewe van die koning kom en hy het die seël van die koning op die briewe gesit. Boodskappers het op vinnige perde van die koning gery om die briewe weg te neem na al die provinsies.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mordegai het die briewe in die naam van die koning geskryf en dit met sy seëlring verseël. Daarna het hy die briewe met boodskappers uitgestuur wat met vinnige perde uit die koning se stalle gery het.