Esther 8:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Op dié dag het koning Ahasveros die huis van Haman, die Jode se vyand, aan koningin Ester gegee. En Mórdegai het voor die koning gekom; want Ester het vertel wat hy vir haar was.
Afrikaans (NLV) 2011 Daardie selfde dag nog het koning Ahasveros alles wat Haman, die vyand van die Jode, besit het, vir koningin Ester gegee. Ester het vir die koning vertel hoe Mordegai aan haar verwant is. Mordegai het na die koning toe gekom.
Afrikaans 1933/1953 Op dieselfde dag het koning Ahasv,ros aan koningin Ester die huis gegee van Haman, die teëstander van die Jode; en Mordegai het voor die koning gekom, want Ester het vertel wat hy van haar was.
Afrikaans 1983 Dieselfde dag het koning Ahasveros die eiendom van Haman, die vyand van die Jode, vir koningin Ester gegee. Ester het aan die koning vertel hoe Mordegai aan haar verwant is, en hy het toe voor die koning verskyn.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op dieselfde dag het koning Ahasveros die besittings van Haman, die vyand van die Jode, vir koningin Ester gegee. Mordegai het voor die koning verskyn, want Ester het vir die koning gesê wat sy verwantskap met haar is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Ahasveros het dieselfde dag Haman se huis vir koningin Ester gegee, Haman was die vyand van die Judeërs. Mordegai het die belangrikste amptenaar van die koning geword, want Ester het vir die koning gesê dat Mordegai haar neef is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op daardie selfde dag het koning Ahasveros al Haman, wat die Jode se vyand was, se eiendom vir koningin Ester gegee. Ester het ook vir die koning vertel dat Mordegai familie van haar was. Die koning het Mordegai na hom toe laat kom.