Esther 7:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Harbona, een van die hofdienaars, het voor die koning gesê: Kyk ook, die galg, vyftig el hoog, wat Haman gemaak het vir Mórdegai, wat goed vir die koning gespreek het, staan in die huis van Haman. Toe sê die koning: Hang hom daaraan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Garbona, een van die koning se amptenare, sê toe vir hom: “Haman het by sy huis ’n paal laat inplant van 23 meter hoog om vir Mordegai, wat destyds die koning gered het, daaraan op te hang.” Toe sê die koning: “Hang hóm daaraan op!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê Harbona, een van die hofdienaars voor die koning: Daar staan reeds die galg wat Haman laat maak het vir Mordegai wat ten voordele van die koning gespreek het, by die huis van Haman, vyftig el hoog! Toe sê die koning: Hang hom daaraan op! |
| Afrikaans 1983 | Garbona, een van die koning se paleisbeamptes, sê toe: “Daar is mos reeds by Haman se huis 'n galg van drie en twintig meter hoog wat hy laat oprig het vir Mordegai wat destyds in belang van die koning gepraat het.” Toe sê die koning: “Hang hom daaraan op!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Garbona, een van die koning se paleisamptenare het gesê: “Kyk, Haman het selfs 'n paal gereedgemaak vir Mordegai, wat in belang van die koning gepraat het. Daardie paal staan by Haman se huis, vyftig el hoog.” Die koning het gesê: “Hang hom daaraan op!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Garbona, een van die amptenare, sê toe: “Daar staan die paal by Haman se huis, hy het die paal vir Mordegai laat inplant. Die paal is 50 el hoog. Maar Mordegai is die man wat vir die koning gered het toe hy vertel het dat die amptenare die koning wil vermoor.” Die koning het gesê: “Julle moet vir Haman ophang aan die paal.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê Garbona, een van die koning se paleisbeamptes: “Haman het mos al klaar ’n galg van 23 meter hoog by sy huis laat maak. Hy was van plan om vir Mordegai, die man wat die koning se lewe gered het, daaraan op te hang.” Toe sê die koning: “Hang hom daaraan op!” |