Esther 7:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe antwoord koning Ahasveros en sê vir koningin Ester: Wie is hy, en waar is hy wat in sy hart vermetel was om dit te doen?
Afrikaans (NLV) 2011 “Wie is dit wat so iets wil doen?” vra koning Ahasveros vir koningin Ester. “Waar is hy?”
Afrikaans 1933/1953 Toe spreek koning Ahasv,ros en sê aan koningin Ester: Wie is hy, en waar is hy wie se hart hom ingegee het om so te maak?
Afrikaans 1983 Toe vra koning Ahasveros vir koningin Ester: “Wie is dit wat so iets beplan, en waar is hy?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Koning Ahasveros vra toe vir koningin Ester: “Wie is hy? En waar is hierdie man wat hom aanmatig om so iets te doen?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê koning Ahasveros vir koningin Ester: “Wie is dit? Waar is die persoon wat hierdie planne gemaak het?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wie wil so iets doen?” wou koning Ahasveros weet. “Waar is hierdie man?”