Esther 7:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want ons is verkoop, ek en my volk, om vernietig te word, om gedood te word en om te vergaan. Maar as ons vir slawe en slavinne verkoop is, het ek my tong gehou, hoewel die vyand nie die skade van die koning kon vergoed nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek en my volk is verkoop aan hom wat ons wil doodmaak, ons wil uitwis en van die aarde af wil wegvee. As ons maar net as slawe en slavinne verkoop was, sou ek stilgebly het. Dit sou dan te onbenullig wees om die koning daarmee lastig te val.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want ons is verkoop, ek en my volk, om verdelg, gedood en uitgeroei te word. Was ons nog as slawe en slavinne verkoop, dan sou ek geswyg het, maar hierdie ramp sal onder die verliese van die koning sy weerga nie hê nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek vra dit, want ons, ek en my volk, is verkoop om voor die voet uitgeroei te word. Was ons maar net as slawe en slavinne verkoop, sou ek stilgebly het, want dan sou die ramp nie soveel skade aan die koning se belange veroorsaak het nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want ons is verkoop, ek en my volk, om verdelg te word, om vermoor en uitgewis te word. Was ons net as slawe en slavinne verkoop, dan sou ek nog stilgebly het, want so 'n beproewing sou nie genoeg gewees het om die koning daarmee te belas nie. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want iemand het ons verkoop, hy het my en my volk verkoop. Hy wil ons vermoor, hy wil hê dat niemand van ons moet oorbly nie. As hy ons verkoop het om slawe en slavinne te word, dan sou ek stilgebly het en dan sou ek nie die koning daaroor gepla het nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Want u sien, ek en my mense is verkoop om voor die voet doodgemaak en uitgeroei te word. As ons net as slawe verkoop was, sou ek u nie daarmee gepla het nie, want dit sou nie vir die koning so ’n verlies gewees het nie. Maar om uitgeroei te word!” |