Esther 7:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die koning weer vir Ester op die tweede dag by die wynmaaltyd: Wat is jou bede, koningin Ester? en wat is jou versoek? en dit sal uitgevoer word tot die helfte van die koninkryk.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl hulle besig was om op die tweede dag wyn te drink, vra die koning weer vir Ester: “Wat is jou versoek, koningin Ester? Ek sal dit vir jou gee. Jy kan kry net wat jy wil hê, al is dit ook die helfte van my koninkryk.”
Afrikaans 1933/1953 sê die koning aan Ester ook op die tweede dag, terwyl hulle wyn drink: Wat is jou bede, koningin Ester? -- dit sal jou toegestaan word. En wat is jou versoek? Al was dit die helfte van die koninkryk -- daaraan sal voldoen word.
Afrikaans 1983 Terwyl hulle by hierdie tweede geleentheid besig was om wyn te drink, vra die koning weer vir Ester: “Wat is dit wat jy wil vra? Dit sal vir jou gegee word. Wat is jou versoek? Al is dit ook die helfte van die koninkryk, dit sal toegestaan word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Terwyl hulle op die tweede dag van die feesmaal wyn gedrink het, het die koning weer vir Ester gevra: “Wat is jou versoek, koningin Ester? Wat jou versoek ook al is, dit sal vir jou gegee word. En wat jou wens ook al is, al is dit die helfte van my koninkryk, dit sal toegestaan word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Terwyl hulle op die tweede dag wyn gedrink het, het die koning weer vir Ester gevra: “Koningin Ester, ek sal vir jou enige iets gee wat jy vra, ek sal doen wat jy wil hê, ook as jy die helfte van die lande vra waaroor ek regeer.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ***