Esther 6:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En laat hierdie kleed en perd aan die hand van een van die koning se mees edele vorste oorgelewer word, dat hulle die man kan aantrek met wie die koning graag eer, en hom te perd deur die straat van die stad kan bring en voor hom uitroep, So sal dit gedoen word met die man vir wie die koning graag eer.
Afrikaans (NLV) 2011 Die klere en die perd moet vir een van die hoogste amptenare van die koning gegee word, en hy moet die klere aantrek vir die man vir wie die koning graag wil vereer. Die amptenaar moet dan die man op die perd laat ry en hom oor die stadsplein lei terwyl hy uitroep: ‘Dit is wat gedoen word met die persoon wat die koning graag wil vereer!’”
Afrikaans 1933/1953 en laat hulle die kleed en die perd afgee aan een van die vorste van die koning, van die vername manne, dat hulle dit die man aantrek aan wie die koning eer wil bewys; en hulle moet hom laat ry op die perd oor die stadsplein en voor hom uitroep: So word gedoen aan die man aan wie die koning eer wil bewys.
Afrikaans 1983 Die kleed en die perd moet oorhandig word aan een van die hoogste amptenare van die koning, en dié moet die kleed aantrek vir die man aan wie die koning graag eer wil bewys. Die amptenare moet die man dan op die perd oor die stadsplein laat ry en voor hom uitroep: So word gemaak met iemand aan wie die koning graag eer wil bewys!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die kleed en die perd moet gegee word aan een van die vooraanstaande •hoë amptenare van die koning, en hy moet die kleed vir die man vir wie die koning graag wil vereer, aantrek. En hulle moet hom op die perd laat ry oor die stadsplein en voor hom uitroep, ‘So word gemaak met iemand vir wie die koning graag wil vereer!’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle moet die klere en die perd gee vir een van die belangrikste amptenare van die koning. Hy moet dan die klere vir daardie persoon aantrek, die persoon vir wie die koning wil wys dat hy belangrik is. Die amptenaar moet daardie belangrike persoon op die perd laat ry oor die oop stuk grond in die stad en hy moet skree: ‘Dit is wat ons doen met iemand wanneer die koning wil wys dat hy belangrik is.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kry dan een van u hoogste amptenare om die kleed vir hom om te hang en hom op die perd oor die stadsplein te lei. So ver hulle gaan, moet hy dan uitroep: So lyk dit as die koning aan iemand eer bewys!”