Esther 6:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die koning: Wie is in die voorhof? En Haman het in die buitenste voorhof van die koning se huis gekom om met die koning te spreek om Mórdegai op te hang aan die galg wat hy vir hom gereed gemaak het.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wie is daar in die voorhof?” wou die koning weet. Haman was juis besig om van die buitenste voorhof van die paleis af in te kom. Hy wou by die koning toestemming kry dat Mordegai aan die galg wat Haman vir hom laat oprig het, opgehang moes word.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê die koning: Wie is in die voorhof? -- juis toe Haman in die buitenste voorhof van die koninklike paleis kom om aan die koning te sê dat hulle Mordegai moes ophang aan die galg wat hy vir hom laat oprig het.
Afrikaans 1983 Toe vra die koning: “Wie is in die voorhof?” Net toe kom Haman aan in die buitenste voorhof van die paleis om by die koning aan te beveel dat Mordegai opgehang moet word aan die galg wat Haman vir hom opgerig het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning het gevra: “Wie is in die voorhof?” Haman het pas ingekom na die buitenste voorhof van die koninklike paleis om die koning te vra om Mordegai te hang aan die paal wat hy vir hom gereedgemaak het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning vra toe: “Is daar iemand op die oop stuk grond?” Haman het daardie tyd op die oop stuk grond van die paleis gekom. Hy wou vir die koning vra om vir Mordegai op te hang aan die paal wat hy laat plant het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wie is daar in die voorportaal?” wou die koning weet. Want op daardie oomblik het Haman in die voorportaal van die paleis aangekom om vir die koning te kom vra om Mordegai aan die galg, wat hy klaar gebou het, te laat ophang.