Esther 6:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die koning: Watter eer en waardigheid het Mordegai hiervoor aangedoen? Toe sê die dienaars van die koning wat hom bedien het: Daar is niks aan hom gedoen nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Watter beloning of erkenning het Mordegai hiervoor ontvang?” wou die koning weet. Sy amptenare het geantwoord: “Hy het niks gekry nie.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê die koning: Watter eer en verhoging het Mordegai daarvoor te beurt geval? En die jongmanne van die koning, sy dienaars, het geantwoord: Met hom het niks gebeur nie.
Afrikaans 1983 Toe vra die koning: “Watter eerbewys en erkenning het Mordegai hiervoor ontvang?” Die kamerpersoneel van die koning het geantwoord: “Hy het niks ontvang nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Watter eer en erkenning het Mordegai daarvoor ontvang?” het die koning gevra. Die jong manne van die koning, sy dienaars, het geantwoord: “Daar is niks vir hom gedoen nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning vra toe: “Wat het ons gedoen om vir Mordegai te wys dat hy belangrik is?” Die jongmanne wat vir die koning bedien het, sê toe: “Ons het niks vir hom gedoen nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Het ons Mordegai ooit hiervoor beloon of aan hom eer bewys?” wou die koning weet. “Nee,” het sy kamerpersoneel geantwoord. “Hy het niks gekry nie.”