Esther 6:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar is geskrywe gevind dat Mórdegai vertel het van Bigtana en Teres, twee van die koning se kamerdienaars, die deurwagters, wat probeer het om die hand aan koning Ahasveros te lê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarin is beskryf hoe Mordegai die twee haremamptenare Bigtan en Teres, wat diens as deurwagte gedoen het, se komplot om die koning te vermoor, aan die lig gebring het. |
| Afrikaans 1933/1953 | vind hulle daar beskrywe dat Mordegai openbaar gemaak het dat Bigt na en Teres, twee hofdienaars van die koning, uit die drumpelwagters, getrag het om die hand aan koning Ahasv,ros te slaan. |
| Afrikaans 1983 | Daarin is toe opgeteken gevind dat dit Mordegai was wat vir Bigtan en Teres ontmasker het, twee paleisbeamptes van die koning wat poortwagte was en wat saamgesweer het om koning Ahasveros te vermoor. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | het hulle op 'n inskrywing afgekom dat dit Mordegai was wat onthul het dat die koning se twee paleisamptenare, Bigtan en Teres, die deurwagters, daarop uit was om koning Ahasveros te vermoor. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle lees toe dat Mordegai vertel het dat Bigtana en Teres vir koning Ahasveros wou vermoor. Bigtana en Teres was amptenare van die koning, hulle was poortwagte. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toevallig lees hulle toe vir hom die gedeelte waar Mordegai te hore gekom het van die komplot van Bigtan en Teres, die twee paleisamptenare wat beplan het om koning Ahasveros dood te maak. |