Esther 6:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En terwyl hulle nog met hom gepraat het, het die hofdienaars van die koning gekom en Haman gehaas na die maaltyd wat Ester voorberei het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terwyl hulle nog besig was om met hom te praat, het die amptenare van die koning daar opgedaag om hom te kom haal vir die onthaal wat Ester sou gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Onderwyl hulle nog met hom spreek, kom die hofdienaars van die koning aan, en hulle het Haman gou na die maaltyd gebring wat Ester gereedgemaak het. |
| Afrikaans 1983 | Terwyl hulle nog met hom praat, kom die paleisbeamptes van die koning en neem vir Haman vinnig na die onthaal toe wat Ester voorberei het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl hulle nog besig was om met hom te praat, het die paleisamptenare van die koning daar aangekom. Hulle was haastig om Haman na die feesmaal te neem wat Ester voorberei het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Terwyl hulle besig was om te praat, het die amptenare van die koning daar gekom. Hulle het Haman vinnig geneem om die kos te gaan eet wat Ester gereedgemaak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle was nog besig om te praat toe die paleisbeamptes haastig inkom om Haman te kom haal vir Ester se ete. |