Esther 6:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Haman het sy vrou Seres en al sy vriende vertel van alles wat hom oorgekom het. Toe sê sy wyse manne en sy vrou Seres vir hom: As Mórdegai uit die nageslag van die Jode is, voor wie jy begin val het, sal jy hom nie oorweldig nie, maar sekerlik voor hom val.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het vir sy vrou Seres en al sy vriende vertel wat met hom gebeur het. Sy raadgewers en sy vrou Seres sê toe vir hom: “As Mordegai, voor wie jy vandag die knie moes buig, ’n Jood is, is jy nie teen hom opgewasse nie. Hy is beslis jou ondergang.”
Afrikaans 1933/1953 En Haman het aan sy vrou Seres en al sy vriende vertel alles wat hom oorgekom het. Toe sê sy wyse manne en sy vrou Seres vir hom: As Mordegai voor wie jy alreeds begin val het, uit die geslag van die Jode is, sal jy niks teen hom kan uitrig nie, maar heeltemal voor hom val.
Afrikaans 1983 Hy het vir sy vrou Seres en al sy vriende alles vertel wat met hom gebeur het. Sy raadgewers en sy vrou Seres sê toe: “As dit so is dat Mordegai, voor wie jy hierdie eerste vernedering ondergaan het, tot die Joodse volk behoort, sal jy nie kan standhou voor hom nie. Voor hom sal jy heeltemal ondergaan.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Haman het vir sy vrou Seres en sy vriende alles vertel wat met hom gebeur het. Sy raadgewers en sy vrou Seres het vir hom gesê: “As Mordegai, voor wie jou val al begin het, van die Joodse volk afkomstig is, sal jy hom nie kan oorwin nie; jy sal beslis voor hom tot 'n val kom.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het vir sy vrou Seres en al sy vriende vertel wat met hom gebeur het. Sy slim manne en sy vrou Seres het toe vir hom gesê: “Die koning het jou verneder voor Mordegai. Mordegai is 'n Judeër, en daarom sal jy niks teen hom kan doen nie. Hulle sal jou nog meer verneder, dit is seker.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar het hy vir sy vrou, Seres, en sy vriende alles vertel wat met hom gebeur het. Toe het sy en sy raadgewers vir hom gesê: “Aangesien Mordegai, die man wat jou verneder het, ’n Jood is, sal jou planne teen hom nie slaag nie. Hy gaan beslis jou ondergang beteken.”