Esther 6:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Haman die kleed en die perd geneem en Mórdegai aangetrek en hom te perd deur die straat van die stad gebring en voor hom uitgeroep: So moet dit gedoen word met die man vir wie die koning eer wil hê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Haman het toe van die koning se klere gevat en ook sy perd en die klere vir Mordegai laat aantrek. Hy het hom op die rug van die perd laat sit en oor die stadsplein gelei terwyl hy voor hom uitroep: “Dit is wat gedoen word met die persoon wat die koning graag wil vereer!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Haman het die kleed geneem en die perd, en hy het Mordegai aangetrek en hom laat ry oor die stadsplein en voor hom uitgeroep: So word gedoen aan die man aan wie die koning eer wil bewys. |
| Afrikaans 1983 | Haman het toe die kleed en die perd gevat, die kleed vir Mordegai aangetrek, hom oor die stadsplein laat ry en voor hom uitgeroep: “So word gemaak met iemand aan wie die koning graag eer wil bewys!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Haman het die kleed en die perd geneem. Hy het die kleed om Mordegai gehang en hom oor die stadsplein laat ry en voor hom uitgeroep: “So word gemaak met iemand vir wie die koning graag wil vereer!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Haman het die klere en die perd geneem en hy het die klere vir Mordegai aangetrek. Hy het vir Mordegai oor die oop stuk grond in die stad laat ry en hy het geskree: “Dit is wat ons doen met iemand wanneer die koning wil wys dat hy belangrik is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Haman het toe die kleed en die perd gevat, die kleed om Mordegai gehang, hom op die perd laat klim en hom toe oor die stadsplein gelei. So ver hulle gegaan het, het hy uitgeroep: “So lyk dit as die koning aan iemand eer bewys!” |