Esther 5:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As ek guns in die oë van die koning gevind het, en as dit die koning behaag om my bede toe te staan en my versoek uit te voer, laat die koning en Haman na die maaltyd kom wat ek vir hulle sal berei, en ek sal doen om môre soos die koning gesê het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As die koning my goedgesind is en bereid is om te gee wat ek vra deur my versoek toe te staan, kom dan môre saam met Haman na die maaltyd toe wat ek vir u sal voorberei. Dan sal ek my wens aan die koning bekendmaak.” |
| Afrikaans 1933/1953 | As ek genade gevind het in die oë van die koning, en as die koning dit goedvind om my bede toe te staan en aan my versoek te voldoen, laat die koning en Haman na die maaltyd kom wat ek vir hulle sal berei, dan sal ek môre na die wens van die koning handel. |
| Afrikaans 1983 | as die koning my goedgesind is, en as die koning dit goedvind om aan my wens te voldoen en my versoek toe te staan, kom dan môre saam met Haman na die maaltyd toe wat ek vir u sal berei. Dán sal ek my wens aan die koning bekend maak.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As die koning my goedgesind is, en as u dit goedvind om aan my versoek te voldoen en my wens toe te staan, laat die koning en Haman kom na die feesmaal wat ek vir hulle sal voorberei. Môre sal ek doen wat die koning vra.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | *** |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | dit is nou te sê as die koning dit wil doen, is dat u en Haman môre weer my gaste sal wees by ’n ete. By daardie ete sal ek vir u sê wat ek wil hê.” |