Esther 5:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die koning vir Ester by die wynmaaltyd: Wat is jou bede? en wat is jou versoek? tot die helfte van die koninkryk sal dit voltrek word.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl hulle besig was om wyn te drink, vra die koning vir Ester: “Wat is jou versoek? Jy sal dit kry. Wat het jy nodig? Al is dit ook die helfte van my koninkryk wat jy nodig het, sal ek dit vir jou gee.”
Afrikaans 1933/1953 En terwyl hulle wyn drink, sê die koning vir Ester: Wat is jou bede? -- dit sal jou toegestaan word. En wat is jou versoek? Al was dit ook die helfte van die koninkryk -- daaraan sal voldoen word.
Afrikaans 1983 Terwyl hulle wyn drink, vra die koning vir Ester: “Wat is dit wat jy wil vra? Dit sal vir jou gegee word. Wat is jou versoek? Al is dit ook die helfte van my koninkryk, dit sal toegestaan word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Terwyl hulle wyn drink, sê die koning vir Ester: “Wat jou versoek ook al is, dit sal vir jou gegee word. En wat jou wens ook al is, al is dit die helfte van my koninkryk, dit sal toegestaan word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Terwyl hulle wyn gedrink het, het die koning weer vir Ester gesê: “Ek sal vir jou alles gee wat jy wil vra, ek sal doen wat jy wil hê, ook as jy die helfte van die lande vra waaroor ek regeer.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl hulle besig was om wyn te drink, vra die koning weer vir Ester: “Wat kan ek vir jou doen? Sê vir my wat jy wil hê en jy kan dit kry, al is dit ook die helfte van my koninkryk.”