Esther 5:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ester antwoord: As dit in die oë van die koning goed lyk, laat die koning en Haman vandag kom na die maaltyd wat ek vir hom berei het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê Ester: “As dit die koning behaag, sal hy en Haman dan asseblief vandag na die onthaal kom wat ek vir u voorberei het?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop antwoord Ester: As die koning dit goedvind, laat die koning dan vandag met Haman na die maaltyd kom wat ek vir hom berei het. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Ester: “As u dit goedvind, kom dan vandag saam met Haman na 'n maaltyd toe wat ek vir u voorberei het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ester het geantwoord: “As die koning dit goedvind, laat u en Haman vandag na die feesmaal kom wat ek vir u voorberei het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ester het gesê: “As die koning dink dit is reg, dan moet die koning en Haman vandag saam met my kom eet.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As dit met u reg is,” sê sy toe, “wil ek graag hê dat u en Haman vanaand my gaste sal wees by ’n ete wat ek vir u voorberei het.” |