Esther 5:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die koning vir haar: Wat wil jy hê, koningin Ester? en wat is u versoek? dit sal aan jou gegee word tot die helfte van die koninkryk.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning vra haar toe: “Wat het jy op die hart, koningin Ester? Wat is jou versoek? Jy sal dit kry, selfs al is dit die helfte van my koninkryk.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê die koning vir haar: Wat wil jy hê, koningin Ester, of wat is jou versoek? Al was dit ook die helfte van die koninkryk -- dit sal jou gegee word.
Afrikaans 1983 Die koning sê toe vir haar: “Wat kan ek vir jou doen, koningin Ester? Wat is jou versoek? Al is dit ook die helfte van my koninkryk, dit sal vir jou gegee word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning sê toe vir haar: “Wat is dit, koningin Ester? Wat jou wens ook al is, al is dit die helfte van my koninkryk, dit sal vir jou gegee word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning vra toe vir haar: “Koningin Ester, wat is dit, wat wil jy vir my vra? Jy mag enige iets vir my vra. As jy die helfte van die lande vra waaroor ek regeer, dan sal ek dit ook vir jou gee.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wat is dit, koningin Ester?” wou die koning weet. “Sê vir my wat jy wil hê en ek sal dit vir jou gee, al is dit ook die helfte van my koninkryk.”