Esther 5:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar dit alles baat my niks, solank ek vir Mordegai, die Jood, by die koning se poort sien sit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar dit alles help my niks solank ek teen daardie Jood Mordegai in die poort van die paleis moet vaskyk nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar dit alles baat my niks, solank as ek die Jood Mordegai in die poort van die koning sien sit. |
| Afrikaans 1983 | En tog bevredig dit alles my nie so lank ek die Jood Mordegai in die poort van die paleis sien sit nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar dit alles baat my niks solank as wat ek vir Mordegai, die Jood, in die koningspoort sien sit nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar ek sal nie regtig gelukkig voel as ek nog sien dat Mordegai, die Judeër, voor die paleis sit nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar tog beteken dit alles vir my niks terwyl daardie Jood Mordegai nog by die paleis se ingang sit nie.” |