Esther 5:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder het Haman gesê: Ja, koningin Ester het niemand saam met die koning na die maaltyd wat sy voorberei het, behalwe ek laat ingaan nie; en môre word ek ook saam met die koning na haar genooi. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “En dit is ook nie al nie,” het hy verder gesê. “Koningin Ester het vandag net vir my saam met die koning uitgenooi na die onthaal wat sy gegee het. Boonop is ek uitgenooi om môre weer saam met die koning te eet. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder sê Haman: Selfs het koningin Ester niemand saam met die koning na die maaltyd laat kom wat sy aangerig het nie, as net vir my, en ook vir môre is ek deur haar genooi saam met die koning. |
| Afrikaans 1983 | Verder het Haman gesê: “En dit is nie al nie, koningin Ester het selfs niemand behalwe vir my saam met die koning uitgenooi na die maaltyd wat sy voorberei het nie. Ek is ook vir môre saam met die koning deur haar uitgenooi. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Maar dit is nog nie al nie,” het Haman gesê. “Ek is die enigste persoon vir wie koningin Ester genooi het om saam met die koning na die feesmaal te gaan wat sy voorberei het. En ek is ook môre saam met die koning na haar genooi. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Haman het ook gesê: “Koningin Ester het net vir my gevra om saam met die koning by haar te kom eet, sy het vir niemand anders gevra nie. En sy het gevra dat ek môre weer saam met die koning by haar moet kom eet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “En wat meer is,” spog Haman toe verder, “koningin Ester het ’n ete spesiaal net vir my en die koning gegee. En sy het my uitgenooi om môre weer saam met haar en die koning te eet. |