Esther 5:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Haman het hom weerhou, en toe hy by die huis kom, het hy gestuur en sy vriende en sy vrou Seres laat roep. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Haman het hom egter beteuel. Toe hy by die huis kom, het hy sy vriende en sy vrou Seres nadergeroep. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Haman het hom bedwing; en toe hy by sy huis kom, laat hy sy vriende en sy vrou Seres haal; |
| Afrikaans 1983 | Haman het egter sy humeur beteuel en huis toe gegaan. Toe het hy sy vriende en sy vrou Seres laat haal |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Haman het homself bedwing en huis toe gegaan. Hy het sy vriende en sy vrou, Seres, laat kom |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar hy het nie gewys dat hy kwaad is nie. Haman het huis toe gegaan en hy het sy vrou Seres en sy vriende laat roep. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Haman het hom egter ingehou en huis toe gegaan. Daar aangekom, het hy sy vriende en sy vrou, Seres, geroep |