Esther 5:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En op die derde dag het Ester haar koninklike kleed aangetrek en in die binneste voorhof van die koning se huis gaan staan, teenoor die koning se huis; en die koning het op sy koninklike troon in die koningshuis gaan sit, teenoor die poort van die huis.
Afrikaans (NLV) 2011 Drie dae later het Ester haar koninklike klere aangetrek. Sy het in die binneste voorhof van die paleis gaan staan, regoor die saal waar die koning se troon is. Die koning was toe juis op sy troon met sy gesig na die ingang.
Afrikaans 1933/1953 Op die derde dag het Ester haar koninklik aangetrek en gaan staan in die binneste voorhof van die paleis van die koning, teenoor die saal van die koning, terwyl die koning op sy koninklike troon sit in die koninklike saal, teenoor die ingang van die saal.
Afrikaans 1983 Op die derde dag het Ester haar koninklike klere aangetrek en in die binneste voorhof van die paleis gaan staan, regoor die ontvangsaal van die koning. Die koning was op die troon in die ontvangsaal regoor die ingang.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op die derde dag het Ester haar koninklike klere aangetrek en in die binneste voorhof van die koninklike paleis voor die troonsaal gaan staan, terwyl hy op sy koninklike troon in die troonsaal regoor die ingang sit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Drie dae later het Ester haar koningin-klere aangetrek en sy het op die oop stuk grond binne-in die paleis gaan staan. Dit was oorkant die kamer van die koning. Die koning het op sy troon gesit oorkant die deur van die kamer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Drie dae later het Ester haar koninklike klere aangetrek en in die voorportaal van die paleis regoor die troonsaal van die koning gaan staan. Die koning het regoor die ingang op sy troon gesit.