Esther 4:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het ook aan hom die afskrif gegee van die skrif van die bevel wat in Susan gegee is om hulle te vernietig, om dit aan Ester te wys en aan haar te verkondig en om haar te bevel dat sy by die koning moet ingaan om te smeek. Aan hom en om voor sy aangesig versoek te rig vir haar volk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het ook vir Hatak ’n afskrif gegee van die proklamasie wat in Susan uitgevaardig is om hulle uit te roei. Hatak moes dit aan Ester wys en vir haar alles verduidelik. Hy moes by haar aandring om na die koning toe te gaan en by hom om genade te smeek vir haar volk. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het hom 'n afskrif gegee van die bevelskrif wat in Susan uitgevaardig was om hulle te verdelg, sodat hy dit aan Ester kon wys en haar die saak kon meedeel en haar kon opdra om na die koning te gaan om hom genade te vra en by hom 'n voorspraak te wees vir haar volk. |
| Afrikaans 1983 | Hy het ook vir Hatak 'n afskrif gegee van die proklamasie wat in Susan uitgevaardig is en waarvolgens die Jode doodgemaak moes word. Hatak moes dit aan Ester wys, haar alles vertel en haar versoek om na die koning toe te gaan. Sy moes hom om genade smeek en vir haar volk intree. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het ook 'n afskrif van die geskrewe wet wat in Susan uitgevaardig is om die Jode uit te wis, vir Hatag gegee om aan Ester te wys en die inhoud aan haar mee te deel. Hatag moes haar aansê om na die koning te gaan en hom om genade te smeek en te pleit vir haar volk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mordegai het vir Hatak een van die briewe gegee wat die koning oral in die stad Susan vir die mense gestuur het. In die briewe het die koning geskryf wat hy besluit het. Mordegai het gesê Hatak moet die brief vir Ester wys en vir haar alles vertel. Hy moet ook vir haar sê sy moet na die koning toe gaan en sy moet vir hom vra dat hy jammer moet wees vir haar mense en dat hy hulle nie moet laat doodmaak nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het ook vir Hatak ’n afskrif gegee van die koninklike bevel wat in Susan uitgereik is, wat bepaal het dat die Jode doodgemaak moes word. Mordegai het hom toe gevra om dit na Ester toe te vat en die hele situasie aan haar te verduidelik met die opdrag dat sy na die koning toe moes gaan en by hom moes gaan pleit vir genade vir haar mense. |