Esther 4:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Mórdegai het hom vertel van alles wat met hom gebeur het, en van die som van die geld wat Haman beloof het om aan die koning se skatkamers te betaal vir die Jode om hulle te vernietig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mordegai het hom ingelig oor alles wat gebeur het en van die bedrag wat Haman aangebied het aan die skatkis van die koning om die Jode te kan doodmaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe deel Mordegai hom mee alles wat hom oorgekom het, en die juiste bedrag van die silwer wat Haman beloof het om in die skatte van die koning af te weeg as prys vir die Jode om hulle uit te roei. |
| Afrikaans 1983 | Mordegai het hom alles vertel wat gebeur het, selfs van die presiese hoeveelheid silwer wat Haman onderneem het om aan die skatkis van die koning te lewer as hy die Jode mag doodmaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mordegai het hom ingelig oor alles wat met hom gebeur het, insluitend die presiese bedrag silwer wat Haman beloof het om aan die skatkis van die koning te betaal vir die uitwissing van die Jode. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en Mordegai het vir hom vertel wat alles met hom gebeur het. Hy het ook gesê presies hoeveel silwer Haman belowe het om vir die koning se amptenare te gee. Hulle moes dit vir die koning bêre as hy al die Judeërs sal laat doodmaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mordegai het Hatak in sy vertroue geneem en hom die hele storie vertel. Ook van die groot hoeveelheid geld wat Haman bereid was om die koning te betaal as hy die Jode kon doodmaak. |