Esther 4:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarop het Ester se diensmeisies en haar kamerdames gekom en dit vir haar vertel. Toe was die koningin baie bedroef; en sy het klere gestuur om Mórdegai aan te trek en sy roukleed van hom weg te neem, maar hy het dit nie ontvang nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koningin Ester se diensmeisies en die haremamptenare het haar van Mordegai kom vertel. Sy was baie ontsteld. Sy het vir hom ander klere gestuur om in die plek van sy rouklere aan te trek. Hy het geweier. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe die meisies van Ester en haar hofdienaars kom en haar dit meedeel, was die koningin baie beangs, en sy het klere gestuur om Mordegai dit aan te trek en om sy roukleed van hom weg te neem; maar hy het dit nie aangeneem nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe koningin Ester se kamerpersoneel en haar paleisbeamptes haar van Mordegai kom vertel, was sy baie ontsteld. Sy het vir hom klere gestuur om aan te trek in die plek van sy rouklere, maar hy wou dit nie vat nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Ester se diensmeisies en eunugs haar hiervan kom vertel, is die koningin oorweldig deur angs. Sy het vir Mordegai klere gestuur om aan te trek en sy rouklere te vervang, maar hy het dit nie aanvaar nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die jongmeisies en die amptenare by Ester het vir haar vertel wat Mordegai doen. Die koningin het groot geskrik en sy het vir Mordegai klere gestuur sodat hy sy rouklere kon uittrek. Maar Mordegai wou nie die klere neem nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe koningin Ester se kamerpersoneel en paleisbeamptes vir haar van Mordegai kom vertel, was sy baie omgekrap. Sy het vir hom ander klere gestuur om in die plek van sy begrafnisklere aan trek, maar hy wou nie. |